Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 14 JULIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus, vandag:

LAASTE KANS OM VIR DIE BHF WERKSWINKEL TE BESPREEK

DRIE PLAASLIKE KOMPETISIES DIE WEEK

en

'N SONVLEK VANAF DIE VOLGENDE SONSIKLUS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

LAASTE KANS OM VIR DIE BHF WERKSWINKEL TE BESPREEK

Die sluitingsdatum vir registrasie vir die BHF Werkswinkel is middernag Woensdag 17 Julie 2019 om voorsiening te maak vir spyseniering. Die AMSAT SA dubbel band Yagi is nou weer in voorraad en kan bestel word vir aflewering by die Werkswinkel. Kry besonderhede by www.sarl.org.za.

By die ontwerp van 'n antenna stelsel moet 'n aantal belangrike faktore oorweeg word. Ons moet kyk na die basiese beginsels wat baie keer nie belangrik lyk nie. Ou verhale wil hę ons moet glo dat enigiets wat ons met 'n installasie doen, sal werk. Trouens, enige stelsel sal werk. Die belangrike aspek is hoe goed sal 'n stelsel funksioneer? As ons die beste moontlike resultate wil kry, moet ons kennis neem van enkele basiese aspekte. Vind meer uit oor al die faktore wat 'n antenna goed laat werk of net ruimte inneem. Moenie Pine Pienaar, ZS6OB se aanbieding by die BHF-Werkswinkel op Saterdag 20 Julie mis nie.

DIE MORSE KODE HERLEWING

In SARL Nuus van 7 Julie is berig oor die Gelykgolf-aktiwiteite rondom 7 035 kHz en 3 545 kHz na-ure en oor naweke. Gistermiddag het die groep 'n Gelykgolf Pret-fees op 40 meter gehou.

Andy, ZS6ADY het aangebied om elke Woensdagaand gelykgolf-lesse te gee vanaf Woensdag 7 Augustus om 19:30 via die Sandton Klub-herhaler. Die doel is om die Hammies, nuwe gelisensieerde Radio Amateurs en al diegene wat hul gelykgolf wil verbeter te help.

DRIE PLAASLIKE KOMPETISES DIE WEEK

Op Woensdagaand 17 Julie vind die derde SARL 80 m Klub Naelloop plaas vanaf 17:00 tot 18:00 UTC met gelykgolf en foon aktiwiteit. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou vier-syfer-ruitvierkant. Op hierdie stadium is die Wesrand ARK in die voortou met die Boland-ARK in die tweede plek en die Bo-Karoo ARK in die derde plek. Vind die reëls op bladsy 38 van die Maart 2019 Radio ZS.

Die Winter QRP Kompetisie vind plaas vanaf 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 20 Julie met gelykgolf en foon aktiwiteit met 5 Watt of minder. Die eerste uur is beperk tot die 40 meter-band en die oorblywende twee uur kan op enige HF-kompetisie band wees. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou 6-syfer- ruitvierkant.

Die ZS2 Naelloop is op Sondag 21 Julie 2019 vanaf 14:00 tot 15:00 UTC op die lug met gelykgolf en foon aktiwiteit op 40 meter. Die uitruiling is 'n RS- of RST-verslag en jou provinsiale of lands afkorting.

Die Reëls verskyn op bladsye 45 en 56 van die 2019 Blou Boek en die logstate is beskikbaar vanaf die Kompetisie blad op die Liga-webblad.

VAKATURE IN DIE NUUSSPAN

Die SARL-Nuusspan het vakatures vir 'n Bulletin-samesteller/redakteur, een Engelse en twee Afrikaanse proeflesers. Die Nuusspan werk met drie groepe wat bestaan uit 'n nuusredakteur en 'n Engelse en Afrikaanse proefleser. Ons het vier Engelse en vier Afrikaanse lesers. As jy by die Nuusspan wil aansluit, kontak Dennis by zs4bs@netactive.co.za of Anette, ZR6D by jhjacobsza@gmail.com.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

'N SONVLEK VANAF DIE VOLGENDE SONSIKLUS

Dr Tony Phillips berig dat Sonsiklus 25 aan die lewe kom. Vir die tweede keer hierdie maand het 'n sonvlek uit die volgende sonsiklus in die suidelike halfrond van die son ontstaan. Genommer "AR2744", dit is n inset in hierdie magnetiese kaart van die son se oppervlak van NASA se Solar Dynamics Observatory:

Hoe weet ons hierdie sonvlek behoort aan Sonsiklus 25? Sy magnetiese polariteit vertel ons dit. Suidelike sonvlekke uit ou Sirklus 24 het 'n -/+ polariteit. Hierdie sonvlek is die teenoorgestelde: +/-. Volgens Hale se wet verander sonvlekke polariteite van een siklus na die volgende. AR2744 is dus 'n lid van Sonsiklus 25. Sonsiklusse meng altyd by hul grense saam. Op die oomblik is ons besig met die einde van die sonde-siklus 24. AR2744 toon dat ons die eerste roering van Sonsiklus 25 ondervind. Die oorgang tussen Sonsiklus 24 en Sonsiklus 25 is aan die gang. Kortstondige " efemeriese sonvlekke" wat deel uitmaak van Sonsiklus 25 is reeds op 20 Desember 2016; 8 April 2018; 17 November 2018; 28 Mei 2019 en 1 Julie 2019 gerapporteer. Die sonvlek wat op 6 Julie gesien is, is belangriker as die vorige voorbeelde, want dit het lank genoeg geduur om 'n numeriese benaming te ontvang: AR2744. Rekordhouers sal waarskynlik dit as die eerste amptelike sonvlek van Sonsiklus 25 merk.

Hierdie ontwikkeling beteken nie dat Solar Minimum klaar is nie. Inteendeel, lae sonaktiwiteit sal waarskynlik voortduur vir minstens nog 'n jaar, aangesien Sonsiklus 24 verval en Sonsiklus 25 stadig aan die lewe kom. AR2744 is egter 'n belangrike teken dat die volgende sonsiklus nader.

DIE IARU-PRESIDENT BIED VERSEKERING AAN OOR DIE FRANSE 144 - 146 MHZ TOEKENNINGS VOORSTEL

Internasionale Amateur Radio Unie (IARU) President Tim Ellam, VE6SH/G4HUA, het gesę sy organisasie het empatie met die kommer van radio amateurs węreldwyd met betrekking tot 'n Franse voorstel om op 'n primęre basis 144 - 146 MHz aan die Lugvaartdiens toe te ken, terwyl dit hoofsaaklik met Amateur Radio deel. Die toekenning word tans op 'n primęre basis regoor die węreld aan amateur radio toegeken. Ellam het vandeesweek versekering gegee dat die IARU bo-op die saak is, wat steeds 'n streeks kwessie is en is reeds besig is om die band in die hande van radio amateurs te hou. Alhoewel die kwessie op die agenda van die Węreldradio-kommunikasiekonferensie 2023 (WRC-23) kan eindig, moet daar eers heelwat gebeur.

"Daar is baie verkeerde inligting wat sirkuleer oor wat die voorstel soek en hoe die IARU daarop reageer," het Ellam aan die ARRL gesę. "Terwyl die voorstel 'n bekommernis is, is petisies en dies meer, terwyl dit goed bedoel is, baie beperkte waarde hę en dit kan die stappe wat in die regulatoriese omgewing geneem word, benadeel."

Die Franse voorstel, wat verlede maand voorgelę is aan 'n vergadering van die Europese Konferensie vir Telekommunikasie en Posadministrasies (CEPT) voor die WRC-19, het 144 - 146 MHz ingesluit binne 'n verskeidenheid frekwensies wat bestudeer moet word vir toekomstige lugvaart, nie-veiligheids aanwendings gebruik in die Lugvaartkundige diens. Duitsland het teen die voorstel gestem en die IARU het "sterk beswaar gemaak," het Ellam gesę. "Die voorstel is egter aan die volgende vergadering van die voorbereidende groep van die CEPT-konferensie aan die einde van Augustus oorgedra." IARU verwag dat ander lande wat die Augustus-byeenkoms bywoon, die insluiting van 144 - 146 MHz as 'n frekwensie-reeks sal teenstaan om oorweeg te word vir die WRC-23-agenda, het Ellam gesę.

Sedert die Junie-vergadering het IARU Streek 1 (Europa, Afrika en die Midde-Ooste) sy lede-verenigings versoek om hul nasionale administrasies (d.w.s. regerings) te kontak om die belangrikheid van die primęre toekenning van 144 - 146 MHz te verduidelik, het Ellam vertel. "IARU neem ook ander aksies om sy standpunte bekend te maak aan diegene wat betrokke is by die voorstel," het hy gesę.

"As dit aanvaar word as 'n WRC-23 Agenda-item, sal hierdie voorstel 4 jaar se studies deur administrasies vereis," het Ellam beklemtoon. "As gevolg van die uitdagings om spektrum met lugvaart stelsels te deel, lyk dit onvermydelik dat die gevolgtrekking van sulke studies sou wees dat deel met 'n wydverspreide deel van die amateur spektrum te veel probleme bied om lewensvatbaar te wees."

Ellam het individuele radio amateurs aangemoedig wat wil help. om lede van hul IARU-Lidvereniging te word. Ellam het afgesluit, "hierdie onlangse nuus moet as 'n tydige herinnering dien dat die verdediging van die amateur spektrum nie net gebeur nie. Jou Lidverenigings en die IARU werk voortdurend om die amateur-toekennings te verdedig."

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 18 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

15 Julie – die sluitingsdatum vir Newbie logstate
17 Julie - die SARL Woensdag 80 m Klub Naelloop
20 Julie - die SARL/AMSAT SA BHF Werkswinkel by die NARC en die Winter QRP Kompetisie
21 Julie - die ZS2 Naelloop
25 Julie - die sluitingsdatum vir die Augustus Radio ZS
27 en 28 Julie - die RSGB-eilande op die lug kompetisie
29 Julie - die sluitingsdatum vir logstate vir die RaDAR-uitdaging, QRP-wedstryd en ZS2 Sprint
3 Aug - die Pretoria ARK snuffelmark
4 Aug - die SARL HF foon kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die sluitingsdatum vir registrasie vir die BHF Werkswinkel is middernag Woensdag 17 Julie 2019 om voorsiening te maak vir spyseniering. Die AMSAT SA dubbel band Yagi is nou weer in voorraad en kan bestel word vir aflewering by die Werkswinkel. Kry besonderhede by www.sarl.org.za.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas met vergunning van Andy, ZS6ADY. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003